Keith wrote:
Piet wrote:
Ek neem aan jy het 'n nuwe circlip gebreek? Hoe het jy die reggekry? Dis nie 'n goeie idee om die ou circlip weer te gebruik nie... Baie manne weier volstek om die circlip-tipe masterlink te gebruik!
Sent from my D5803 using Tapatalk
As ek uit onkunde mag vra hoekom nie n ou circlip gebruik nie. Of is dit net as jy nuwe ketting opsit gebruik jy nuwe circlip. Elke keer as ek die ketting afhaal vir was sit ek selfde ketting terug
Baie ouens meen dat die circlips nie 'n betroubare meganisme is nie. Hulle glo net in rivet-masterlinks. My eerste nuwe ketting het geen probleme gegee nie, maar ek het opgelet dat die circlip los word en het toe 'n nuwe ketting en sprockets by Doc gaan koop. Toe ek dit vervang sien ek die circlip is WEG! So ek was baie gelukkig!
Ek voel mens kan dit maar gebruik - dis 'n baie gerieflike stelsel, maar mens moet hom dophou en vervang as die circlip los raak. As hy nog mooi vashou is daar nie rede om hom te vervang nie.