SarelG wrote:
Dual wrote:
Ek hoop ek antwoord almal
Die oorspronklike ketting was aaneen, geen las, die een waarmee ek vervang het is O-ring, dit was al klaar hel om die links bymekaar te bring met die o-rings in, ek het my as af gesukkel om circlip oor te kry,
Dual, gebruik 'n "cable tie" deur die twee punte van die ketting om dit bymekaar te hou, sit rustig die link en circlip in en dan knip jy die cable tie uit!

Sarel, jy kan die links oor die agtersprocket ook sit, dan hou hy jou ketting vas en die afstand tussen die links is reg vir die masterlink!
Doc het my geleer om 'n vice grip te gebruik om die link oor die pins te forseer: eers bo, dan onder, dan bo, dan onder, tot hy mooi vas is.