Welcome, Guest
Username: Password: Remember me

TOPIC: Sprocket and chain

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94197

  • SarelG
  • SarelG's Avatar
  • Offline
  • Moderator
  • Centurion GP
  • Posts: 1421
  • Thank you received: 624
Soos belowe, hier gaan hy - Hierdie is ‘n baie langdradige verslag van hoe ek opgeeindig het by die punt waar my ketting vervang moet word. Die simptome van my probleem het glad nie vir my na ‘n ketting probleem gelyk nie, so ek vertel maar “woord vir woord” vir as iemand anders dalk die selfde ondervinding het. As jy nie lus is vir baie lees nie, gaan direk na die einde waar ek wat ek geleer het punt vir punt neerpen. Daar is natuurlik baie raad wat die gesoute manne kan byvoeg, julle is welkom, dankie. Onthou dat hierdie maar net my opinie en ondervinding is, ek sal dit glad nie in ‘n tegniese dokument sit nie.

As iemand dit in Engels wil he sal ek dit ook doen, skree maar net.

My KLR is nou op 30 221 Km’s en ek besluit toe om hom self te diens, vir die ondervinding en kennis wat ‘n mens dan opbou van die fiets, maar ook om ‘n goeie paar rand te spaar, wat weer kon bydra tot ‘n paar koues terwyl ek hom diens.
So besluit en so gemaak, olie en filter vervang, vonkprop nuut, lug filter skoongemaak en weer ge-olie. My ketting lyk vir my ‘n bietjie slap en ek besluit om hom reg te verstel en hom daarna skoon te maak en te olie. Dit is reeds laat in die aand toe ek klaar is en besluit dat die rit werk toe die volgende dag sommer die toetsrit na die diens sal wees.
Die volgende oggend is ek reg vir werk, op die fiets en daar gaan ek. Skaars 100 meter af in die straat hoor ek ‘n snaakse knik en klap geluid. Alles op die fiets voel reg en die geluide was nie hard nie, so ek stoot maar aan. Die geluid bly egter daar en ek draai toe maar terug huis toe om te loop kyk wat aangaan.
By die huis gekom en met die agterwiel in die lug, sien ek dat as die wiel draai dat die ketting van die draaiery styf span en dan weer slap hang. My eerste gedagte is dat ek die wiel dalk skeef op het. Maak nie saak hoe hard ek probeer nie, dit bly dieselfde. Ek bel toe maar vir Groenie, hy ken die KLR’s van kop tot tone. Hy stel voor dat ek met ‘n maatband van die senter van die “swing-arm” bout af moet meet na die senter van die wiel as. Altwee is 100% dieselfde, wat beteken dat die wiel nie skeef op is nie. Weer vir mnr. KLR op die lyn, diagnose, ketting en terwyl ek besig is, die tandratte voor en agter ook. (Ja, ja ek weet, ek moes ook sprockets translation Google)
Ek vra verder raad op die KLR Forum, nie omdat ek Groenie nie glo nie, ek wou meestal weet of 30k min is vir ‘n ketting en of iemand anders al die selfde ondervinding gehad het. 30k is om en by gemiddeld en ja, ander ouens het dieselfde sien en voel gebeur. Ek koop toe die ketting en tandratte by Startline in Edenvale, beste prys en die enigste verskaffer wat voorraad dadelik beskikbaar het.

Die fiets het noodgedwonge by die huis gebly en ek moes werk toe met die cage, iets wat ek haat op die N1 / N3, so die fiets moet vanaand reg!! Gewapen met die twee tandratte en DID X-Ring ketting spring ek aan die werk. Nou is die vraag, waar begin ‘n mens, en dit is hier wat ek die eerste van vele voute gemaak het.
Die agterwiel lyk die maklikste so ek begin met hom, af in ‘n japtrap en die nuwe tandrat is op, mooi stewig vas en reg vir die nuwe ketting. Tweede seker maar die voorste tandrat, en nadat ek die omvou washer plat het en die bout probeer los maak, kom ek agter dat die ketting die tandrat moet vashou terwyl ek die bout moet losmaak, maar die agter wiel le langs my en die ketting, wat gelukkig nog op was, hang pap.
Die kant toe en daai kant toe, maar die wiel moet terug, ou ketting en al. Wiel terug en ketting weer op maar die agter wiel hang in die lug en met my tuisgemaakte stapel om die fiets bo te hou, bly die wiel draai as ek die bout los wil maak, ten spyte van hoe my seun aan hom klou. Ek besluit toe om die wiel te rem deur ‘n yster staaf deur een van die gate in die agterste tandrat te ballenseer oor die swaai arm.

Dit werk goed en gou is die bout los en af. Nou moet die ou ketting af en ek het voorheen gesien ‘n lemsnyer werk goed hiervoor, so hy is gou af. Die tandrat sit so vas soos ‘n neut en ek het nie ‘n puller nie. Die fiets moet reg, so nou vra ek raad. Ek kry vir Piet in die hande met ‘n vraag of ek ‘n puller nodig het. Natuurlik eers nadat ek om verskoning gevra het dat ek hom so laat in die aand pla. Geen problem, altyd bereid om te help en hy sal in elkgeval laat wakker wees want die jong man swot vir ‘n CPD kursus, nee, ek het nie ‘n idee wat dit is nie, maar hy swot daarvoor.

Nee, die tandrat moet net af gly maar hy “kyk” gou vir my. Nie lank nie of hy is terug, hierdie jong mense van vandag tik hel vining op sulke klein foontjies!! Hy stuur vir my raad en ‘n link van ‘n ander forum waar die ou ook gesukkel het a.g.v. ‘n bietjie roes. Die man het Q20 of soorgelyk en ‘n bietjie oortuiging met ‘n crowbar gebruik om die rat af te kry. Teen die tyd dat ek die boodskap kry, maak die Q20 al ‘n dammetjie onder my fiets waar my hammer le, maar ek trek toe maar die naaste ding, ‘n fris beitel nader, om die rat te oortuig ek is erenstig oor hierdie storie.

Met die beitel agter die rat en teen die fiets raam onder met ‘n lap vir beskerming tik, draai, en tik ek hom gou gou los. Geen roes maar fyn sandkorrels oral en ek dink Tarzan het hom seker opgesit by die fabriek. Ek het eers na die tyd daaraan gedink om fotos te neem om te wys waar die beitel was, so in die foto is die nuwe rat klaar in.
www.klrforum.com/2008-klr650-wrenching-m.../topics/13008?page=1




Die oorspronklike rat her rubber washers om wat vas is. Weer gesels met Piet, geen problem, nuwes het dit nie op nie. Die nuwe rat het ‘n groot uitstaan deel aan een kant en ‘n kleiner een aan die ander kant. Die klein een kom teen die fiets en die grote wys buitentoe, soos in die foto hier bo. Goed so ver, die nuwe rat is op, die buig washer volgende en dan die bout, maar hy kan nie vasgemaak word voordat die nuwe ketting nie op is nie.




Nou die uitdaging, hoe lank moet die ketting wees? Sny ek hom te kort dan is ek weer in die cage en by die parte winkel. Eerder te lank dan? PIET???? Maklik se hy, le die nuwe en ou kettings langs mekaar. Ek weet nie hoekom ek nie daaraan gedink het nie? Maar die ou ketting is gerek, so die skakels stem nie 100% ooreen nie, veral hoe verder mens van die begin af kyk. Google gou, vir standaard ratte op ‘n KLR moet die ketting 106 skakels he, waarvan die D-Link een is. Le hulle weer langs mekaar, tel weeeeer, skuif een skakel op ‘n slag langs mekaar en besluit ek is nou op die regte skakel wat moet af.

Ek het ook op die tech dag by Doc, waar ek duidelik nie mooi opgelet het nie, anders sou ek nie so sukkel nie, gesien dat ‘n mens die skakel wat ekstra is aan die een kant van die ketting afskuur met die lem snyer. Maak weer ‘n vout deur net die een pennetjie se klinknael af te skuur en probeer toe om die pennietjie met ‘n senterpons uit te slaan, met geen sukses natuurlik. Na ‘n ruk besef ek dat ek altwee pennetjies op die skakel moet afskuur en die skakel kom toe maklik los.




Nou vir terugsit op die fiets. Onwetend maak ek nog ‘n vout, ek het nooit die verstel boute terug gedraai nie en sit salig onbewus die ketting oor die ratte, net om agter te kom dat ek toe, volgens my, die ketting een skakel te kort gesny het en die cage is weer my voorland. Heel depresief vat ek toe maar ‘n laaste koue enetjie, dit is al laat, en steek nog ‘n sigaret aan. Toe ek terug gaan om my laaste goed te kry slaan dit my tussen die oe dat ek nooit die verstellings skroewe teruggedraai het nie. Vroulief raak nou al ongeduldig maar ek draai hulle gou terug en sie-daar, die ketting pas soos ‘n droom.
Die youtube skakel hier onder wys hoe om die circlip moet wees.





Ketting en tandrat vervanging – Die Sarel manier

1. Haal die plastiek skerm oor die voorste tandrat af terwyl die fiets nog op die grond staan.
2. Slaan die omvou washer versigtig plat met ‘n stomp voorwerp. Skroewedraaiers ens. sal hom beskadig.
3. Maak die bout van die voorste tandrat los maar moet hom nog nie heeltemal verwyder nie.
4. Lig die fiets sodat die agter wiel van die grond af is.
5. Verwyder die ketting. Die oorsproklike ketting het nie ‘n “master-link” nie, so gebruik ‘n “chain breaker” of lem snyer (angle grinder) om hom af te kry.
6. Draai die ketting verstelboute terug.
7. Verwyder die agter wiel en haal die ou tandrat af. Vevang met nuwe tandrat en maak die boute met die hand vas en dan oorkruis tot almal styf is. (Ek is nie seker hoe vas nie, die slim manne kan vir ons die torque setting gee?)
8. Maak seker dat daar genoeg ghries op die agter wiel wiellaërs is, ghries die as en sit die agter wiel terug.
9. Lê die ou ketting langs die nuwe een op ‘n skoon oppervlak en sny die ketting op die regte lengte af. Hou in gedagte dat die “link” ook ‘n skakel is. (Volgens Google resultate moet ‘n standaard KLR 106 skakels hê)
10. Sit die nuwe ketting oor die tandratte sodat die twee los punte oor die agter tandrat le. Dit sal hom in posisie hou sodat jy maklik die skakel kan insit.
11. Druk die skakel van die agter kant af deur sodat die circlip aan die buitekant van die ketting is. Maak seker dat die toe kant van die circlip in die righting wys wat die ketting draai, met ander woorde as die las bo is moet die toe kant van die circlip na die voorkant van die fiets wys.
12. Verstel die ketting, pomp die after remme en jy behoort reg te wees.
One day I will die, but on all the others I will not, so on those days I will live it to the fullest!!
Last Edit: 4 years 3 months ago by SarelG.
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: benn, Psycho Porra, Abre, Roes

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94199

  • Abre
  • Abre's Avatar
  • Offline
  • Platinum Boarder
  • Little Falls, Woesrand, Jhb
  • Posts: 2464
  • Thank you received: 1027
Baie dankie, dit lees amper soos 'n lekker Ride Report.

Nuttige advies.
Abré le Roux
The adventure is out there.....
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: SarelG

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94205

  • benn
  • benn's Avatar
  • Offline
  • Platinum Boarder
  • Posts: 1510
  • Thank you received: 284
Dankie Sarel. Jou skryfmanier laat mens amper uitsien om die job te doen.
It takes a live fish to swim against the current. It takes a dead one to flow with it.
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: SarelG

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94212

  • SarelG
  • SarelG's Avatar
  • Offline
  • Moderator
  • Centurion GP
  • Posts: 1421
  • Thank you received: 624
benn wrote:
Dankie Sarel. Jou skryfmanier laat mens amper uitsien om die job te doen.

:laugh: :laugh: Die job of die koues? :woohoo: :evil: :evil:
One day I will die, but on all the others I will not, so on those days I will live it to the fullest!!
The administrator has disabled public write access.

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94216

  • Pannas
  • Pannas's Avatar
  • Offline
  • Field Marshal
  • Do unto others as you would have them do unto you
  • Posts: 5531
  • Thank you received: 1724
;)
POWER (and skill) MEAN NOTHING WITHOUT CONTROL
MB50, MBX50, MTX50, RD125, GS550, XL200, '84KLR600, '07KLR650, '08KLR650, '06XT660R, '09F800GS

Veni Vidi Vici
The administrator has disabled public write access.

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94267

  • vosman
  • vosman's Avatar
  • Offline
  • Senior Boarder
  • Posts: 73
  • Thank you received: 33
Hi, when fitting a 16 tooth front sprocket is there a need to split chain or can u pull off old sprocket with chain and then fit chain over new sprocket and fit sprocket back on shaft? IS THE THREAD ON NUT BY FRONT SPROCKET NORMAL TYPE..RIGHT TO TIGHTEN ..LEFT TO LOOSEN? dO U HAVE TO TORQUE NUT WHEN FITTING NEW SPROCKET?? THANKS
The administrator has disabled public write access.

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94274

  • SarelG
  • SarelG's Avatar
  • Offline
  • Moderator
  • Centurion GP
  • Posts: 1421
  • Thank you received: 624
vosman wrote:
Hi, when fitting a 16 tooth front sprocket is there a need to split chain or can u pull off old sprocket with chain and then fit chain over new sprocket and fit sprocket back on shaft? IS THE THREAD ON NUT BY FRONT SPROCKET NORMAL TYPE..RIGHT TO TIGHTEN ..LEFT TO LOOSEN? dO U HAVE TO TORQUE NUT WHEN FITTING NEW SPROCKET?? THANKS

Voisman, normal nut, loosen to left. Yes, I am sure you do not have to split the chain as long as you loosen it to have enough play in the front. Not sure about torque settings, the pro's can obviously comment on that, although tight is tight and then the lock washer keeps it in place?
One day I will die, but on all the others I will not, so on those days I will live it to the fullest!!
The administrator has disabled public write access.

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94276

  • Pannas
  • Pannas's Avatar
  • Offline
  • Field Marshal
  • Do unto others as you would have them do unto you
  • Posts: 5531
  • Thank you received: 1724
Hi, when fitting a 16 tooth front sprocket is there a need to split chain no
or can u pull off old sprocket with chain and then fit chain over new sprocket and fit sprocket back on shaft? yes, maar omdat jy groter circumfrerence cog voor op sit, gaan jou ketting te kort wees - jy moet eers jou agterwiel los maak en vorentoe skuif om genoeg chain slack vir die groter sprocket te gee.
IS THE THREAD ON NUT BY FRONT SPROCKET NORMAL TYPE..RIGHT TO TIGHTEN ..LEFT TO LOOSEN? yes
dO U HAVE TO TORQUE NUT WHEN FITTING NEW SPROCKET?? THANKS nee - in fact, as jy hom te vas draai, gaan hy te styf teen die crank casing sit en gaan dit voel asof jy met jou foet op die agterbriek ry.
myne is liggies vas gedraai - MAAR MAAK BAIE SEKER DAT JOU LOCK WASHER AAN TWEE KANTE BO EN ONDER OOR DIE NUT GEBUIG IS OM HOM GOED VAS TE HOU!!




POWER (and skill) MEAN NOTHING WITHOUT CONTROL
MB50, MBX50, MTX50, RD125, GS550, XL200, '84KLR600, '07KLR650, '08KLR650, '06XT660R, '09F800GS

Veni Vidi Vici
The administrator has disabled public write access.

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94320

  • Psycho Porra
  • Psycho Porra's Avatar
  • Offline
  • Last Man Standing
  • Sworn To Fun And Loyal To Rum
  • Posts: 4910
  • Thank you received: 1541
vosman wrote:
IS THE THREAD ON NUT BY FRONT SPROCKET NORMAL TYPE..RIGHT TO TIGHTEN ..LEFT TO LOOSEN? dO U HAVE TO TORQUE NUT WHEN FITTING NEW SPROCKET?? THANKS

Hoekom skreeu jy op ons :laugh: :P (ek verwys naai die HOOFLETTERS!) :evil:
"The Brave do not Live Forever, but the Cautious do not Live at all"
The administrator has disabled public write access.

Sprocket and chain 4 years 3 months ago #94326

  • SarelG
  • SarelG's Avatar
  • Offline
  • Moderator
  • Centurion GP
  • Posts: 1421
  • Thank you received: 624
Porra wrote:
vosman wrote:
IS THE THREAD ON NUT BY FRONT SPROCKET NORMAL TYPE..RIGHT TO TIGHTEN ..LEFT TO LOOSEN? dO U HAVE TO TORQUE NUT WHEN FITTING NEW SPROCKET?? THANKS

Hoekom skreeu jy op ons :laugh: :P (ek verwys naai die HOOFLETTERS!) :evil:

:laugh: :laugh: Porra, ek dink op daai stadium het hy in die garage gesit en kon nie die nut los kry nie!! :evil:
One day I will die, but on all the others I will not, so on those days I will live it to the fullest!!
The administrator has disabled public write access.
The following user(s) said Thank You: benn