Welcome, Guest
Username: Password: Remember me

TOPIC: Voor wiel remklauw

Voor wiel remklauw 1 week 5 days ago #120318

  • Keith
  • Keith's Avatar
  • Offline
  • Platinum Boarder
  • Ek val eerder n 1000 keer as om op te hou ry
  • Posts: 1652
  • Thank you received: 811
Soos party van julle al gehoor het, het my voorste remklauw baie wiebreer as ek ry as gevolg van die een pen wat uitgewerk het. Vandag die spul uitmekaar gehaal, en toe met n plan voorendag gekom. Die pen was los in die plaat wat die remklauw op die vurk vashou. So die plaat se gat 1.5 mm uitgeboor, en die pen 1.5 mm afgesny op draaibank. Toe n laer gemaak en alles mooi stewig inmekaar gedruk. So goed soos nuut. Een probleem wat ek ondervind het met aanmekaar sit is dat die een rubber wat deur steek agter, heeltyd uitgedruk word deir die pen as ek hom in druk. Die penne en gate lyn mooi op. Het eers droog probeer toe met smeering. Hy bly uitdruk. Enige idees. Hy werk, maar wil weet hoe druk n mens die pen in sonder dat die rubber agter uitdruk. Jammer ek het vergeet om fotos van die proses te neem :whistle:
The administrator has disabled public write access.